Wat de vloekwoord is ‘n podsendingreeks waarin die standpunte en houdings van inhoudskeppers in die vermaaklikheidswêreld en media oor vloek en taboe onderwerpe ontgin word. Deur onderhoude met bekende (Afrikaanse) skrywers, TV- en filmvervaardigers, regisseurs, akteurs, musikante, redakteurs, joernaliste, podsenders en bloggers leer ons meer oor sensuur in Suid-Afrika, wat die funksie van vloek is, hoe kykers en luisteraars op vloekwoorde reageer, ensovoorts.

Hunter Kennedy in gesprek met Elmarie Claassens.
Hunter Kennedy is ‘n bekende rocker en die skepper van die lirieke van Fokofpolisiekar en Die Heuwels Fantasties – Suid-Afrikaanse musiekgroepe met kultusstatus.
Hunter gesels in hierdie aflewering oor 20 jaar in die musiekbedryf, die “Fok God”-insident, sy proses om liedjies te skryf, die donker tye in sy eie lewe en hoe hy homself nie te ernstig opneem nie.
Elmarie Claassens is ‘n kliniese sielkundige in ‘n privaat praktyk.
NB: Menings wat deur gaste in hierdie reeks uitgespreek word, verteenwoordig nie die menings van die onderhoudvoerders nie. Insgelyks verteenwoordig geen mening of uitspraak in hierdie podsendingreeks die opinie van die Noordwes-Universiteit, die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, BlueTek Computers of watkykjy.co.za nie.

Menings wat deur gaste in hierdie reeks uitgespreek word, verteenwoordig nie die menings van die onderhoudvoerders nie. Insgelyks verteenwoordig geen mening of uitspraak in hierdie podsendingreeks die opinie van die Noordwes-Universiteit, die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, BlueTek Computers of watkykjy.co.za nie.