Term ⇒eufemisme

0
Kategorieë: [taalkunde]

Engels: euphemism

‘n Eufemisme is ‘n woord/uitdrukking wat ‘n taboe op ‘n versagtende, ontwykende manier uitdruk of benoem. Eufemismes is dikwels bastervloekwoorde (met ander woorde verdraaiings). In niegodsdienstige kontekste, dink aan versagtende woorde vir feses soos poef (in plaas van die Nederlandse poep wat feses beteken) of akkies (in plaas van kakkies of kak). In godsdienstige kontekste kry ons in Afrikaans onder andere gits en gonna (vir God), kriek of krisis (vir Christus), allemapstieks (vir Almagtige), en hordes ander. In Engels is daar onder andere OMG (vir Oh my God), die spelling Gawd (in plaas van God), of Shakespeare se ‘sblood vir by God’s blood.

« Terug na termlysindeks

Comments are closed.

Hierdie webwerf maak gebruik van koekies.  Hier is meer inligting oor koekies.

Hierdie webblad bevat kru taal, vloekwoorde en volwasse onderwerpe.

Is jy ouer as 18?