Vloek in Afrikaanse lirieke loop hand aan hand met protes – van politieke protes tot identiteitsprotes. Riaan Grobler gee perspektief op die ontstaan, funksionaliteit en normalisering van vloek in Afrikaanse lirieke.
Musiek én vloek is emosiegedrewe; daarom is dit nie vreemd om vloekwoorde in lirieke aan te tref nie. Griffin praat oor die musiek van onder andere Jack Parow, Koos Kombuis, Karen Zoid en Valiant Swart.
Ons soek so veel as moontlik voorbeelde van vloekwoorde in Afrikaanse musiek – van toeka tot nou! Hoe meer gedetailleerd die inligting is, hoe beter.
Johan C Venter (Afrikaans is Groot) was regstreeks op Facebook met Ruhan Du Toit en Gerhard van Huyssteen in gesprek oor “donders” in ‘As jy dink jy weet’.