Suid-Afrikaanse radio het ‘n lang geskiedenis met vloekwoorde op die lug – net soos in baie ander lande. Het die norme in Suid-Afrika verskuif?
Vloek in Afrikaanse lirieke loop hand aan hand met protes – van politieke protes tot identiteitsprotes. Riaan Grobler gee perspektief op die ontstaan, funksionaliteit en normalisering van vloek in Afrikaanse lirieke.
Musiek én vloek is emosiegedrewe; daarom is dit nie vreemd om vloekwoorde in lirieke aan te tref nie. Griffin praat oor die musiek van onder andere Jack Parow, Koos Kombuis, Karen Zoid en Valiant Swart.