Slegs beskikbaar vir geregistreerde gebruikers.
Susie Dent is ‘n Engelse leksikograaf en etimoloog, maar is eintlik bekend vir haar TV-optredes in komedieprogramme. In hierdie reeks behandel sy ‘n klompie Engelse vloekwoorde op gevatte wyse.
Maar naas sy liefdevolheid en beminlikheid kon Langenhoven ook 'n vurige en opvlieënde man met 'n skilderagtige temperament wees, veral as sake vir hom nie reg verloop het nie. Soms kon hy dan sy taal besprinkel met sterk woorde soos bloody, dammit, bliksem, donner, wat de joos en selfs waar de moerskont - uitdrukkings wat hy dikwels gebruik het. Hy was darem versigtig met die gebruik van die Naam van die Opperwese.
J.C. Kannemeyer, Langenhoven. 'n Lewe