“Wat de vloekwoord” is ‘n podsendingreeks waarin die standpunte en houdings van inhoudskeppers in die vermaaklikheidswêreld en media oor vloek en taboe onderwerpe ontgin word. Deur onderhoude met bekende (Afrikaanse) skrywers, TV- en filmvervaardigers, regisseurs, akteurs, musikante, redakteurs, joernaliste, podsenders en bloggers leer ons meer oor sensuur in Suid-Afrika, wat die funksie van vloek is, hoe kykers en luisteraars op vloekwoorde reageer, ensovoorts. Dié reeks is deel van ‘n groot navorsingsprojek wat handel oor vloek in Afrikaans en verwante tale.
[Gerhard B van Huyssteen is ‘n professor in Afrikaanse taalkunde en taaltegnologie aan die Noordwes-Universiteit.]
NB: Menings wat deur gaste in hierdie reeks uitgespreek word, verteenwoordig nie die menings van die onderhoudvoerders nie. Insgelyks verteenwoordig geen mening of uitspraak in hierdie podsendingreeks die opinie van die Noordwes-Universiteit, die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, BlueTek Computers of watkykjy.co.za nie.
—
Send in a voice message: https://anchor.fm/vloekcoza/message
Comments are closed.