Al die veld vloek vrolik …

0

Ons soek so veel as moontlik voorbeelde van vloekwoorde in Afrikaanse musiek – van toeka tot nou! Alle Afrikaanse musiek is relevant, maar ons is spesifiek ook op soek na die oudste Afrikaanse liedjie waarin ‘n vloekwoord voorgekom het.

Vir doeleindes van hierdie vraelys beskou ons ‘n vloekwoord as enige woord wat binne sommige kontekste deur verskillende mense as taboe ervaar sou kon word. Dit kan ook suggestiewe taal (byvoorbeeld terwyl jy sweet-sweet in my arms lê – Gert Vlok Nel) en dubbelsinnige taal (byvoorbeeld die hond het my beskuit // van die tafel afgesmyt – Worsie Visser) insluit.

Hoe meer gedetailleerd en korrek die inligting oor die liedjie is, hoe makliker maak jy die lewe vir ons. Maar selfs al is jy nie 100% seker van jou saak nie, is ‘n leidraad beter as niks nie. Jy kry wel die geleentheid om aan te dui hoe seker jy van jou saak is.

Jy kan kies om anoniem te bly, of om telkens jou kontakbesonderhede te verskaf om deel te wees van die gelukstrekking aan die begin van Desember 2020 om R1 000 met die komplimente van Afrikaans.com te wen. [Geregistreerde gebruikers se besonderhede word outomaties ingevul.]

Vorm

Geen van hierdie velde is verpligtend nie!

Hoe meer inligting jy egter kan verskaf, hoe makliker maak jy dit vir ons om die inligting te verifieer, of die korrekte inligting op te spoor.

 

Loading

Comments are closed.

Teken aan om deel te neem aan die meningsopname

Hierdie webwerf maak gebruik van koekies.  Hier is meer inligting oor koekies.

Hierdie webblad bevat kru taal, vloekwoorde en volwasse onderwerpe.

Is jy ouer as 18?