Met hierdie vraelys probeer ons bepaal wat die prototipiese vloekwoorde en taboe uitdrukkings in Afrikaans is – met ander woorde die bekendste, frekwentste en prominentste woorde wat binne sommige kontekste deur verskillende mense as taboe ervaar sou kon word.
As jy aan hierdie vraelys deelneem, staan jy boonop die kans om tydens die gelukstrekking aan die begin van Desember 2020 R1 000 met die komplimente van Afrikaans.com te wen.
Hoe werk dit?
Ná jy op GAAN VOORT hier onder geklik het, verskyn daar outomaties ‘n vorm met die volgende elemente:
- ‘n Aftelhorlosie, want jy het slegs 2 minute om soveel as moontlik vloekwoorde en uitdrukkings te tik.
- ‘n Teksveld waarin jy die vloekwoorde en/of uitdrukkings kan tik.
- Druk verkieslik ENTER na elke vloekwoord of uitdrukking, sodat elke woord/uitdrukking op sy eie reëltjie staan.
- As dit vir jou makliker is, kan jy ook elke woord/uitdrukking met ‘n komma of kommapunt skei.
- ‘n "STUUR"-knoppie wat jy kan klik as jy nie meer aan voorbeelde kan dink nie, maar daar is nog tyd oor.
Ná 2 minute word jou antwoorde outomaties verstuur. Jy hoef dus nie self op die "STUUR"-knoppie te klik nie. As jy egter moeg is, kan jy enige tyd daarop klik.
Wenke
- Tik so vinnig as moontlik die woorde soos wat dit in jou kop opkom. Hoe vinniger, hoe meer, hoe beter!
- Moenie bekommer oor spelling nie – dis nie ‘n speltoets nie!
- Hoofletters en kleinletters is ook nie belangrik nie.
- Moenie sit en wonder of jy dalk al ‘n woord getik het of nie. Dit maak glad nie saak as jy iets herhaal nie.
- Moenie te veel dink of iets nou regtig eintlik ‘n vloekwoord is of nie. Laat waai net!
- Het jy ná 2 minute nog steeds ‘n klomp vloekwoorde en uitdrukkings wat in jou kop dwarrel? Geen probleem nie! Hierdie vorm laai dan na ‘n paar sekondes outomaties, en jy kan dan nóg ‘n sarsie stuur. En nóg ene, en nóg ene … Tot jou ma jou roep en sê jy moet nou die skottelgoed kom was.
Bepalings en voorwaardes
Alle antwoorde is volledig anoniem. Slegs die demografiese inligting op jou persoonlike profiel (sónder jou naam en kontakbesonderhede) word saam met die antwoorde gestoor.
Deur hier onder op "GAAN VOORT" te klik, erken jy dat jy:
- ouer as 18 jaar is;
- vrywillig deelneem;
- geen betaling hiervoor ontvang nie; en
- toestemming gee dat ons jou anonieme antwoorde vir navorsingsdoeleindes mag gebruik.
Please login to continue
You will be redirected to the login page in 5 seconds. If you wish to proceed immediately then please click here
Comments are closed.