Met hierdie vraelys probeer ons bepaal watter vloekwoorde en taboe-uitdrukkings Afrikaanse mense in verskillende situasies sal gebruik. Daar is veertien situasies (een per vraag) waar jy elke keer moet antwoord hoe jy in daardie situasie sou vloek.
Hoe werk dit?
- Ná jy op GAAN VOORT hier onder geklik het, verskyn vraag 1.
- Lees die situasie wat kortliks geskets word.
- Tik in die teksveld daaronder hoe jy sou vloek in daardie situasie.
- Dit kan ‘n enkele woord, ‘n uitdrukking of ‘n hele sin wees.
- As jy nie in daardie situasie sou vloek nie, tik dan net wat jy dink jy sou sê.
- Klik op "VOLGENDE".
- Ná die laaste vraag, klik op die "STUUR"-knoppie.
Wenke
- Moenie bekommer oor spelling nie – dis nie ‘n speltoets nie!
- Hoofletters en kleinletters is ook nie belangrik nie.
- Moenie te veel dink of iets nou regtig eintlik ‘n vloekwoord is of nie. Laat waai net!
Bepalings en voorwaardes
Alle antwoorde is volledig anoniem. Slegs die demografiese inligting op jou persoonlike profiel (sónder jou naam en kontakbesonderhede) word saam met die antwoorde gestoor.
Deur hier onder op "GAAN VOORT" te klik, erken jy dat jy:
- ouer as 18 jaar is;
- vrywillig deelneem;
- geen betaling hiervoor ontvang nie; en
- toestemming gee dat ons jou anonieme antwoorde vir navorsingsdoeleindes mag gebruik.
Loading
Please login to continue
You will be redirected to the login page in 5 seconds. If you wish to proceed immediately then please click here
Comments are closed.