Status van die h-woord

0
Eben Etzebeth en Cheslin Kolbe (Foto: facebook.com)
Eerw. Chris Nissen (Foto: wikimzanzi.com)

Eerw. Chris Nissen (Foto: wikimzanzi.com)

In die berig Nóg dalk aangekla in haatspraak-saak teen Etzebeth berig Netwerk24 dat die Wes-Kaapse kommissaris van die Menseregtekommissie (MRK), eerwaarde Chris Nissen, gesê het “[d]ie h-woord behoort dieselfde status in hierdie land te geniet as die k-woord. Dis ’n landwye probleem. Hou op om bruin mense soos stiefkinders te behandel.” Hy sê ook dat die h-woord in ander tale voorkom en dat dié vertalings ook verbied moet word.

Eben Etzebeth en Cheslin Kolbe (Foto: facebook.com)

Eben Etzebeth en Cheslin Kolbe (Foto: facebook.com)

Sy uitspraak volg ná ’n beweerde voorval in Langebaan waarin Eben Etzebeth en ’n groep mense wat glo saam met hom was, na bewering twee mans aangerand het en glo ook rassistiese aanmerkings teenoor hulle gemaak het. ‘n Klag gaan volgens Nissen by die gelykheidshof in die hooggeregshof in Kaapstad ingedien word.

Asseblief, Teken aan op kommentaar
Hierdie webwerf maak gebruik van koekies.  Hier is meer inligting oor koekies.

Hierdie webblad bevat kru taal, vloekwoorde en volwasse onderwerpe.

Is jy ouer as 18?