‘n Hofsaak met die p-woord as middelpunt het onlangs in die Wes-Kaapse Hooggeregshof gedraai. Dit kom nadat ‘n Caledon-man daarvan beskuldig is dat hy ‘n beskermingsbevel vir huishoudelike geweld oortree het deur die p-woord teenoor sy sussie en niggie te gebruik. Die hof het egter bevind dat aangesien die woord nie as ‘n werkwoord of naamwoord gebruik is nie, maar eerder as ‘n attributiewe adjektief of stopwoord, hy nie die voorwaardes van die bevel oortree het nie. Prof. Gerhard van Huyssteen het vanoggend met Lester Kiewiet van CapeTalk oor die kwessie gesels, spesifiek die konsep van deleksikalisering wat deur die hof as die rede vir die omkeer van die Caledon-magistraatshof se beslissing aangevoer is.
Comments are closed.