“Gewone mense” word al hoe meer randfigure

0

Besoek die skakel

Hennie van Coller sê in hierdie opiniestuk dat uitgewers die nuwe sensors is en wat hulle tans doen, is om politiek korrekte boeke te publiseer wat "óf handel oor ‘n realiteit wat erg verteken is, óf een wat geïdealiseer word". Hy betreur die feit dat daar nie meer verhale oor "funksionele gesinne", oor "gewone mense", oor ‘n "man wat nie versukkeld, gekweld of paranoïes is nie". Want, sê hy, Tarzan en Rooi Jan is "steeds [die droom] van baie seuns" (met "(én meisies)" darem as ‘n agternagedagte). Volgens hom mag hierdie droom nie meer in boeke en TV-programme "geopenbaar" word nie, want "randfigure raak immers die norm". Sy lys van randfigure sluit o.a. in: ‘n meisie met ‘n oupa wat pro-struggle was, wat ‘n swart en bruin vriendin het, en wat ‘n selfdegeslagegpaar aanvaar; ‘n "gestremde Chinees"; en ‘n "tweeslagtige Oekraïense vlugteling".

Wat is jou opinie? Dink jy uitgewers en skrywers is té politiek korrek? Of is dit júis hulle verantwoordelikheid om te wys dat dit die tipe randfigure soos Hennie van Coller is wat al vir te lank dikteer het hoe "funksionele gesinne" en "gewone mense" veronderstel is om te lyk?

Kommentaar is gesluit.

Hierdie webwerf maak gebruik van koekies.  Hier is meer inligting oor koekies.

Hierdie webblad bevat kru taal, vloekwoorde en volwasse onderwerpe.

Is jy ouer as 18?