Maar naas sy liefdevolheid en beminlikheid kon Langenhoven ook 'n vurige en opvlieënde man met 'n skilderagtige temperament wees, veral as sake vir hom nie reg verloop het nie. Soms kon hy dan sy taal besprinkel met sterk woorde soos bloody, dammit, bliksem, donner, wat de joos en selfs waar de moerskont - uitdrukkings wat hy dikwels gebruik het. Hy was darem versigtig met die gebruik van die Naam van die Opperwese.
J.C. Kannemeyer, Langenhoven. 'n Lewe
The language of the Afrikaans boys was filthy beyond belief.
JM Coetzee in "Boyhood" (1997, p. 57)
En deesdae geniet ek dit ook meer om te vloek, want dit rol dan so lekker van die tong af. Ek praat nou nie van “ma se goeters” nie, want daar is mos die stink persepsie dat bruin mense soos matrose vloek of dalk die vloekwoordeboek geskryf het, en dit is nie heeltemal waar nie. Ek like maar net die gefok, fokken, wat de fok, en fok hulle, julle en almal behalwe ons. Daai is my gevloek.
Virginia Keppler (https://www.vryeweekblad.com/menings-en-debat/2019-09-05-en-die-slotsom-is-dat-afrikaans-die-hemel-se-amptelike-taal-is/)
Marita van der Vyver(1/) "Daar staan die twee, Esmé so koel soos kan kom met 'n ... klitser wat nogal soos 'n sex toy lyk in haar een hand, Jan breëbors langs haar met 'n koekroller omhoog. ... Selfs die name is suggestief. 'n Klit-ser en 'n koek-roller." Marita vd Vyver in @vryeweekblad pic.twitter.com/EhKQCyjqYQ
— Gerhard van Huyssteen (@gerhardvanh) September 6, 2019
"Wat dink julle het ek hier kom soek?"
Vrypostig-tuitbek van Henta: "Poes, Oom?"
Dit kom so fokken onverwags, dit moet die eerste keer in dertig jaar wees dat ek bloos.
André P Brink in "Duiwelskloof" (1998, p. 59)