In die staat se saak teen Lewis (die Caledon-man wat daarvan beskuldig is dat hy ‘n beskermingsbevel vir huishoudelike geweld oortree het deur die p-woord teenoor sy sussie en niggie te gebruik) het regter Salie ‘n ontleding van die frase los my ma se poes se ding gemaak. Hy moes bepaal of die beskuldigde ’n interdik oortree het deur die woord poes te gebruik. Regter Salie voer in beperkte mate ’n taalondersoek uit en bevind dat die beskuldigde nie die interdik oortree het nie, omdat die betwiste vloekwoord nie teen die klaer gerig is nie. Die regter maak ook belangrike stellings omtrent taal, byvoorbeeld dat die betekenis van woorde mettertyd verander, dat taboewoorde se taboestatus kan afneem, dat bepaalde woorde merkers van kulturele identiteit kan wees, en dat woorde verskillende betekenisse in verskillende kontekste kan hê, ook wanneer hulle as verskillende woordsoorte aangewend word.
Klik op die skakel hier bo om Terrence Carney se volledige ontleding in LitNet Akademies te lees.