Bepalings en voorwaardes

Afrikaanse weergawe (see English version below)

Hierdie bepalings en voorwaardes:

  • raak alle inhoud op https://vloek.co.za; en
  • kan van tyd tot tyd bygewerk en verander word, maar ons sal dan ’n kennisgewing op die webwerf plaas.

As jy enige vrae het oor die bepalings en voorwaardes, laat weet ons asseblief by info@gerhard.pro.

Die kort en die lank:

  • Jy verklaar dat jy 18 jaar of ouer is.
  • Ons stoor jou persoonlike data uitsluitlik vir navorsingsdoeleindes.
  • Wees gerus: jou persoonlike data word op geen manier aan jou naam, van, skermnaam of e-posadres gekoppel wanneer ons dit vir navorsing gebruik nie.
  • Ons sal nooit jou naam, van, skermnaam of e-posadres met enigiemand deel nie.
  • Wees asseblief ordentlik en respekteer ander gebruikers – selfs al praat ons lekker saam oor vloekwoorde.
  • Jy mag enige tyd jou profiel sluit.

Nou, in groter besonderhede:

Persoonlike data

As jy op ons webwerf registreer, stoor ons die inligting wat jy verskaf in jou private gebruikersprofiel. Jy kan jou persoonlike inligting (uitgesluit jou gebruikersnaam) te eniger tyd wysig, redigeer of verwyder. Slegs webwerfadministrateurs kan ook daardie inligting sien en wysig.

  • Jou e-posadres:
    • is nie sigbaar vir ander gebruikers nie;
    • sal nooit met ander partye gedeel word nie;
    • sal nie aan navorsingsdata (soos vraelyste en meningsopnames) gekoppel word nie;
    • word slegs gebruik om:
      • jou registrasie te verifieer;
      • met jou te kommunikeer (soos die nuusbrief, kennisgewings met betrekking tot kommentare, of moontlike waarskuwings).
  • Jou skermnaam:
    • is sigbaar vir ander gebruikers wanneer jy kommentaar lewer;
    • sal nie aan navorsingsdata (soos vraelyste en meningsopnames) gekoppel word nie;
    • kan nooit verander word nie.
  • Jou noemnaam en van (opsioneel):
    • is nie sigbaar vir ander gebruikers nie;
    • sal nooit met ander partye gedeel word nie;
    • sal nie aan navorsingsdata (soos vraelyste en meningsopnames) gekoppel word nie;
    • word slegs gebruik om jou ervaring op die webwerf en in kommunikasie meer persoonlik te maak.
  • Jou persoonlike inligting (d.i. demografiese inligting wat jy verskaf om aan vraelyste en meningsopnames deel te neem):
    • is nie sigbaar vir ander gebruikers nie;
    • sal nooit met ander partye gedeel word nie;
    • word volledig anoniem (dus sonder jou e-posadres, skermnaam, noemnaam of van) aan navorsingsdata (soos vraelyste en meningsopnames) gekoppel;
    • word slegs vir navorsingsdoeleindes (soos statistiese interpretasies) gebruik.
  • Kommentaar:
    • Wanneer jy kommentaar op die webwerf laat, versamel ons die data wat in die kommentaarvorm vertoon word, asook jou IP-adres en gebruikeragentreeks om met gemorsopsporing (“spam detection”) te help.
    • ’n Anonieme string wat uit jou e-posadres geskep is, word ook aan die Gravatar-diens verskaf om te sien of jy dit gebruik. Die Gravatar-diens se privaatheidsbeleid is hier beskikbaar: https://automattic.com/privacy/.
    • Nadat jou kommentaar goedgekeur is, is jou skermnaam, profielbeeld en ander inligting wat jy in die kommentaarvorm verskaf het, in die konteks van jou kommentaar aan die publiek sigbaar.
    • As jy kommentaar lewer, word die kommentaar en metadata vir ʼn onbepaalde periode behou. Dit word gedoen sodat ons enige opvolgkommentare outomaties kan herken en goedkeur, in plaas daarvan om dit in ’n modereringstelsel te hou.
    • Kyk ook na ons kommentaarbeleid hier onder.
  • Koekies:
    • As jy ’n opmerking op ons webwerf laat, kan jy kies om jou naam, e-posadres en webwerf in koekies te stoor. Dit is vir jou gerief sodat jy nie jou besonderhede weer hoef in te vul wanneer jy ’n ander kommentaar skryf nie. Hierdie koekies sal vir een jaar geldig wees.
    • As jy ’n geregistreerde gebruiker is en jy teken op hierdie webwerf aan, sal ons ’n tydelike koekie stel om te bepaal of jou blaaier koekies aanvaar. Hierdie koekie bevat geen persoonlike data nie en word weggegooi wanneer jy jou blaaier sluit.
    • Wanneer jy inteken, sal ons ook verskeie koekies opstel om jou inskrywingsinligting en jou skermkeuses te stoor. Intekenkoekies is vir twee dae geldig, en skermopsiekoekies is vir ’n jaar geldig.
    • As jy ‘Onthou my’ kies, sal jou aantekening vir twee weke geldig bly. As jy uitteken, sal die aanmeldingskoekies verwyder word.
    • As jy ’n artikel wysig of publiseer, sal ’n addisionele koekie in jou blaaier gestoor word. Hierdie koekie bevat geen persoonlike data nie en dui eenvoudig die pos-ID van die artikel aan wat jy gewysig het. Dit verval na een dag.
  • Watter regte het jy oor jou data?
    • As jy ’n rekening op hierdie webwerf het of kommentaar gelewer het, kan jy versoek dat ons vir jou ’n afgevoerde lêer gee van die persoonlike gegewens wat ons oor jou hou, insluitende enige inligting wat jy aan ons verskaf het. Jy kan ook versoek dat ons enige persoonlike inligting wat ons oor jou hou, uitvee.
    • Jy kan enige tyd jou profiel op die webwerf sluit. Al jou data sal dan van die stelsel verwyder word.
      • Let op dat as jy jou profiel sluit, jy nié jou vorige bydraes (soos kommentaar of deelname aan meningspeilings) outomaties verwyder nie. As jy van dié inligting wil laat verwyder, stuur ʼn e-pos aan info@gerhard.pro.
  • Waarheen stuur ons jou data?
    • Besoekerskommentaar kan nagegaan word deur ’n outomatiese gemorsposopsporingsdiens.

Geen van bostaande bepalings geld indien ons daartoe verplig word om vir administratiewe, wettige of sekuriteitsdoeleindes data met sekuriteitsowerhede (soos die polisie) te deel nie.

Kommentaarbeleid

  • Kommentaar en besprekings word op hierdie webwerf verwelkom en aangemoedig. Ons algemene beleid is: Wees ordentlik!
  • Ten spyte van die feit dat hierdie webwerf oor sogenaamde obsene taal (vloekwoorde) handel, moet jy eerbiedwaardig wees deur ander gebruikers te respekteer.
  • Opmerkings soos die volgende sal uitgevee word, en gebruikers sal permanent geblokkeer word:
    • Kommentaar wat as strooipos of reklamemateriaal beskou word, sal uitgevee word.
    • Kommentaar wat URL’s insluit, word nie toegelaat nie. As eksterne inhoud relevant is tot die onderwerp, skryf asseblief die eerste deel van die URL uit, bv. vloek punt co punt za/kommentaar/beleid.
    • Opmerkings, insluitend sogenaamde obsene taal (vloekwoorde), en/of verwysings na konsepte wat as aanstootgewend beskou kan word, word toegelaat, maar moet relevant tot die onderwerp bly.
    • Kommentaar wat beledigende, dreigende, misleidende of lasterlike taal bevat, sal uitgevee word.
    • Geen haatspraak of aanhitsing van geweld sal toegelaat word nie.
    • Opmerkings wat ’n individu of organisasie direk aanval, sal uitgevee word.
    • Kommentaar wat ander gebruikers teister, sal uitgevee word. Respekteer asseblief ander bydraers.
    • Anonieme kommentaar sal uitgevee word. Ons aanvaar slegs kommentaar van gebruikers wat hulself identifiseer.
  • Die eienaar van hierdie blog behou die reg voor om enige kommentaar  te wysig of te verwyder, sonder enige kennisgewing.
  • Die eienaar van hierdie blog behou die reg voor om kommentare te anonimiseer en om sulke kommentaar as ’n korpus te verpak en versprei. Persoonlike inligting (soos gebruikers se noemname, vanne en e-posadresse) sal nooit as deel van so ’n korpus versprei word nie.
  • Hierdie kommentaarbeleid is te eniger tyd onderhewig aan verandering.

Mediabeleid

  • As jy media (byvoorbeeld foto’s, meme, klankgrepe, video’s, en so meer) op die webwerf laai, vermy die oplaai van materiaal met ingeboude liggingsdata (EXIF GPS). Besoekers op die webwerf kan enige liggingsdata van media op die webwerf aflaai en onttrek.
  • As jy media op die webwerf laai, gee jy te kenne dat:
    • dit jou intellektuele eiendom is; en/of
    • jy die reg het om die media in die openbare domein te deel; en/of
    • die media in ieder geval in die openbare domein beskikbaar is (byvoorbeeld op YouTube, Facebook, Twitter, ens.).

Navorsingsbeleid en ingeligte toestemming

  • Dankie dat jy bereid is om ons met navorsing oor vloekwoorde te help. 
  • Die navorsingsprojek het ten doel om allerhande vloekwoorde in Afrikaans beter te beskryf, en veral om te verstaan wanneer mense bepaalde vloekwoorde gebruik (of nie gebruik nie).
  • Die navorsing is goedgekeur deur die navorsingsetiekkomitee van die Noordwes-Universiteit. Die etiekklaringsnommer is NWU-00632-19-A7 en die amptelike titel van die projek is What the Swearword! Multidisciplinary research and scientific communication on cursing [Wat de Vloekwoord! Multidissiplinêre navorsing en wetenskapskommunikasie oor vloek].
  • As jy enige vrae oor die navorsing het, stuur gerus ’n e-pos aan Gerhard van Huyssteen by gerhard.vanhuyssteen@nwu.ac.za.
  • Vraelyste en meningsopnames sal altyd so kort as moontlik wees. Ons sal altyd aandui hoe lank dit ongeveer sal vat om ʼn vraelys of meningsopname te voltooi.
  • Inligting wat jy in hierdie gedeelte verskaf, word aan jou private profiel gekoppel, sodat jy nie vir elke vraelys of meningsopname wéér al jou inligting hoef te verskaf nie.
  • BAIE BELANGRIK: Hierdie persoonlike inligting word slegs vir statistiese doeleindes gebruik. Jou persoonlike inligting sal altyd volledig anoniem hanteer word en onder die strengste sekuriteitsmaatreëls gestoor word. Ons stel werklik nie belang in wié iets antwoord nie, maar eerder in watter tipe persoon iets antwoord.
  • Ons stoor wel koekies op jou rekenaar, ten einde sover as moontlik te verseker dat jy nie (aspris of per ongeluk) vraelyste meer as een keer invul nie. Die koekies is ook nodig om jou persoonlike inligting (soos jou geslag, ouderdom, ens.) aan jou antwoorde te koppel. Ons sal egter nóóit jou e-posadres, wagwoord, skermnaam en (opsionele) regte naam en van aan die vraelys- en meningsopnamedata koppel nie.
  • Jy kan enige tyd besluit om nie meer aan die navorsingsprojek deel te neem nie. Al jou persoonlike inligting sal dan van ons sisteem verwyder word.
    • Let op dat as jy jou profiel sluit, jy nié jou vorige anonieme deelname aan meningspeilings outomaties verwyder nie. As jy van dié inligting wil laat verwyder, stuur ʼn e-pos aan info@gerhard.pro.
  •  Deur hierdie beleid te aanvaar:
    • verklaar jy dat jy 18 jaar of ouer is;
    • gee jy toestemming dat ons die resultate vir navorsingsdoeleindes mag gebruik;
    • erken jy dat jy vrywillig aangemeld het om aan die navorsing deel te neem; en
    • erken jy dat jy geen vergoeding vir jou deelname ontvang het nie.

Ingebedde inhoud

  • Artikels op hierdie webwerf kan ingebedde inhoud (bv. video’s, beelde, artikels, ens.) insluit. Ingebedde inhoud van ander webwerwe tree op dieselfde manier op asof die besoeker die ander webwerf besoek het.
  • Hierdie webwerwe kan data oor jou versamel, koekies gebruik, bykomende derdeparty-opsporing insluit, en jou interaksie met daardie ingebedde inhoud moniteer, insluitend die opsporing van jou interaksie met die ingebedde inhoud as jy ’n rekening het en by die webwerf ingeteken is.

English version

These terms and conditions:

  • concern all content on https://vloek.co.za; and
  • can be updated and changed from time to time, but in such a case, we will post a notice on the site.

If you have any questions about the terms and conditions, please let us know at info@gerhard.pro.

The long and the short:

  • You declare that you are 18 years or older.
  • We store your personal data solely for research purposes.
  • Rest assured: your personal data is in no way linked to your name, surname, screen name or email address when used for research purposes.
  • We will never share your name, surname, screen name or email address with anyone.
  • Please be decent, and respect other users – even if we chat about swearwords.
  • You may close your profile at any time.

Now, in greater detail:

Personal data

If you register on our website, we store the information you provide in your private user profile. You can change, edit or delete your personal information (excluding your username) at any time. Only site administrators can also view and edit that information.

  • Your email address:
    • is not visible to other users;
    • will never be shared with other parties;
    • will not be linked to research data (such as questionnaires and opinion polls);
    • is only used to:
  • verify your registration;
  • communicate with you (such as the newsletter, notices regarding comments, or possible warnings).
  • Your screen name:
    • is visible to other users when you comment;
    • will not be linked to research data (such as questionnaires and opinion polls);
    • can never be changed.
  • Your name and surname (optional):
    • is not visible to other users;
    • will never be shared with other parties;
    • will not be linked to research data (such as questionnaires and opinion polls);
    • is only used to make your website experience and communication more personal.
  • Your personal information (i.e., demographic information you provide to participate in questionnaires and polls):
    • is not visible to other users;
    • will never be shared with other parties;
    • is linked to research data (such as questionnaires and opinion surveys) completely anonymously (thus without your email address, screen name, name or surname);
    • is only used for research purposes (such as statistical interpretations).
  • Comments:
    • When leaving comments on the site, we collect the data displayed in the comment form, as well as your IP address and user account to help with spam detection.
    • An anonymous string created from your email address is also provided to the Gravatar service to see if you are using it. The Gravatar service’s privacy policy is available here: https://automattic.com/privacy/.
    • After your comments have been approved, your screen name, profile image, and other information provided in the comment form will be publicly available in the context of your comments.
    • If you comment, the comments and metadata will be retained for an indefinite period. This is done so that we can automatically recognize and approve any follow-up comment instead of keeping it in a moderation system.
    • Also check out our comments policy below.
  • Cookies:
    • If you leave a comment on our site, you can choose to store your name, email address and website in cookies. This is for your convenience so you don’t have to fill in your details again when writing another comment. These cookies will be valid for one year.
    • If you are a registered user and you sign up for this site, we will set up a temporary cookie to determine if your browser is accepting cookies. This cookie does not contain any personal data and is discarded when you close your browser.
    • When signing in, we will also set up multiple cookies to store your enrolment information and your screen choices. Cookies are valid for two days, and screen option cookies are valid for one year.
    • If you choose ‘Remember Me’, your note will remain valid for two weeks. Signing out will remove the login cookies.
    • If you edit or publish an article, an additional cookie will be stored in your browser. This cookie does not contain any personal data and simply indicates the post ID of the article you have modified. It expires after one day.
  • What rights do you have about your data?
    • If you have an account on this site or have commented, you may request that we provide you with a file of the personal information we hold about you, including any information you provided to us. You can also request that we delete any personal information we hold about you.
    • You can close your profile on the website at any time. All your data will then be removed from the system.
    • Note that if you close your profile, you will not automatically delete your previous contributions (such as comments or participation in polls). If you want to remove this information, send an email to info@gerhard.pro.
  • Where do we send your data?
    • Visitor comment can be reviewed by an automatic spam detection service.

None of the above provisions apply if we are required to share data for administrative, legal or security purposes with security authorities (such as the police).

Comment policy

  • Comments and discussions are welcomed and encouraged on this website. Our general policy is: Be decent!
  • Despite the fact that this site deals with so-called obscene language (swearwords), you must be respectful by respecting other users.
  • Comments like the following will be deleted, and users will be permanently blocked:
    • Comments that are considered spam or advertising material will be deleted.
    • Comments that include URLs are not allowed. If external content is relevant to the topic, please write out the first part of the URL, e.g. curse point co point za / comment / policy.
    • Remarks, including so-called obscene language (swearwords), and/or references to concepts that can be considered offensive, are allowed, but should remain relevant to the subject.
    • Comments that contain abusive, threatening, misleading or defamatory language will be deleted.
    • No hate speech or incitement to violence will be allowed.
    • Comments that attack an individual or organization directly will be deleted.
    • Comments that harass other users will be deleted. Please respect other contributors.
    • Anonymous comments will be deleted. We only accept comments from users who identify themselves.
  • The owner of this blog reserves the right to modify or remove any comments without notice.
  • The owner of this blog reserves the right to anonymize commentaries and to package and distribute such comments as a corpus. Personal information (such as users’ names, surnames and email addresses) will never be distributed as part of such a corpus.
  • This comment policy is subject to change at any time.

Media policy

  • If you load media (for example, photos, memes, sound clips, videos, and so on) onto the site, avoid uploading material with built-in location data (EXIF GPS). Visitors to the site can download and retrieve any media location data on the site.
  • If you load media on the site, you indicate that:
    • this is your intellectual property; and/or
    • you have the right to share the media in the public domain; and/or
    • the media is available in the public domain anyway (for example, on YouTube, Facebook, Twitter, etc.).

Research policy and informed consent

  • Thank you for your willingness to help us with research on swearwords.
  • The research project aims to better describe all kinds of swearwords in Afrikaans, and especially to understand when people use (or do not use) certain swearwords.
  • The research was approved by the research ethics committee of the North-West University. The ethics clearance number is NWU-00632-19-A7 and the official title of the project is What the Swearword! Multidisciplinary research and scientific communication on cursing [What the Cursive Word! Multidisciplinary research and science communication on curse].
  • If you have any questions about the research, please email Gerhard van Huyssteen at gerhard.vanhuyssteen@nwu.ac.za.
  • Questionnaires and opinion polls will always be as short as possible. We will always indicate how long it will take to complete a questionnaire or survey.
  • Information provided in this section is linked to your private profile so that you do not need to provide all your information again for each questionnaire or survey.
  • VERY IMPORTANT: This personal information is used for statistical purposes only. Your personal information will always be handled completely anonymously and stored under the strictest security measures. We really do not care about who is answering anything, but rather in what kind of person something is answering.
  • We do store cookies on your computer in order to ensure that you do not fill in questionnaires more than once. The cookies are also needed to link your personal information (such as your gender, age, etc.) to your responses. However, we will never link your email address, password, screen name and (optional) real name and from the questionnaire and survey data.
  • You can decide at any time not to participate in the research project anymore. All your personal information will then be removed from our system.
    • Note that if you close your profile, you will not automatically delete your previous anonymous polls. If you want to remove this information, send an email to info@gerhard.pro.
  • By accepting this policy you:
    • declare that you are 18 years or older;
    • give permission to us to use the results for research purposes;
    • acknowledge that you have volunteered to participate in the research; and
    • acknowledge that you have not received any compensation for your participation.

Imbedded content

  • Articles on this site may include embedded content (e.g. videos, images, articles, etc.). Embedded content from other websites behaves the same way as if the visitor visited the other site.
  • These sites can collect data about you, use cookies, include additional third-party detection, and monitor your interaction with those embedded content, including tracking your interaction with the embedded content if you have an account and signed into the site.
Hierdie webwerf maak gebruik van koekies.  Hier is meer inligting oor koekies.

Hierdie webblad bevat kru taal, vloekwoorde en volwasse onderwerpe.

Is jy ouer as 18?